top of page

Geloof is grys

Hierdie boek is geskryf om mense te help om die spanning en onsekerheid van verskillende geloofsperspektiewe beter te verstaan, beter begrip vir ander te hê en beter te verstaan waarom geloofsgemeenskappe en kerke so sukkel om eensgesind te wees in hulle besluite.

 

Die outeur is Pieter de Villiers. 

wat is Jou geloofsposisie
op die kontinuum? 

Beantwoord 10 vrae en vind uit!

koop die boek

Prys sluit afleweringskoste met pudo in.

20250723_1050_Paperback Book on Transparency_remix_01k0v7hmcje28rkbkzrwz36etm.png

Dis algemene kennis dat mense, geloofsgroepe en kerke anders is omdat hulle die Bybel verskillend verstaan en verkondig. Dis nie nuut nie en ook nie vreemd nie. Die skrywer toon egter met hierdie boek aan dat die dinge effens meer kompleks is. Ons kan met redelike sekerheid aanvaar dat geen twee mense presies dieselfde inhoud gee aan hulle geloof in God, die Evangelie en die Bybel nie. Selfs wanneer gelowiges op dieselfde vraag dieselfde antwoord gee, beteken dit nie dat hulle dieselfde inhoud gee aan hulle antwoorde nie. 

Hierdie boek sal egter nie vir alle Christen lesers gemaklike leesstof wees nie. Alhoewel dit so geskryf is dat dit geensins die leser van spesifieke inhoude wil oortuig nie, is die terugvoer van ‘n groep kritiese lesers dat hulle die boek baie uitdagend ervaar het.

Nie omdat die skrywer en die inhoud van die boek die leser konfronteer nie, maar omdat die lesers hulleself konfronteer met wat die inhoud van hulle eie geloof is.

Die boek lees maklik. Dit is geskryf vir almal wat belangstel in die manier waarop ons glo en dit is veral geskik vir gesprekke rondom die tema van geloof, eenheid en diversiteit.

 

Jesus het telkens tydens sy aardse bediening die mense waarmee Hy gewerk het in húlle geloofsposisie ontmoet. Die boek help die leser om Jesus se voorbeeld met begrip te volg.

TRINITY
URBAN
   Church

1-800-000-0000

info@mysite.com

500 Terry Francine Street

San Francisco, CA 94158

  • White Instagram Icon
  • White YouTube Icon
  • White Facebook Icon

Terms & Conditions

Privacy Policy

Accessibility Statement

©2035 by Trinity Urban Church. Powered and secured by Wix

bottom of page